recycleLIEZL LE ROUX

Vir elke ton papier wat herwin word, word 17 bome gespaar.

Papierherwinning in Suid Afrika lei tot die besparing van ongeveer 13 miljoen bome per jaar. Een ton herwinde papier is ook gelyk aan die besparing van drie kubieke meter stortingsterrein. Dit verminder die koste van munisipaliteite se vervoerkoste en maak spasie by stortingsterreine

Hier is ‘n paar feite oor papierbesparing wat Mondi Recycling vir Eastern Times gegee het.

  • Verminder waterverbruik in produksie met 55%
  • Verminder energieverbruik met 40%
  • Lugbesoedeling word verminder met 70%.
  • Waterbesoedeling word verminder met 35%
  • As alle huishoudings in die land al hul papier herwin, sal dit een mijloen kubieke meter van waardevolle stortingsterrein-spasie per jaar bespaar.
  • Elke huishouding sal vier bome per jaar spaar net deur al hul herwinbare papier en karton te laat herwin.
  • Energie wat per jaar gespaar word deur papierherwinning is genoeg om 512 huise vir ‘n jaar lank van krag te voorsien.

Mondi Recycling bied die volgende programme aan om die hewinning van papier makliker te maak:

Kantore: Sakke en ‘Office Recyclers’ word verskaf. Sodra daar 15+ sakke vol is, doen Mondi Recycling ‘n kolleksie. Vir alle papier wat herwin word, maak Mondi Recycling ‘n aansienlike donasie aan die DBV en Hospies.

Skole: Skoolprojekte word van stapel gestuur waar kinders onderig word in die noodsaaklikheid van papierherwinning. Vir skole wat groot hoeveelhede papier herwin, het hulle ‘n groot oranje igloo-houer. Skole wat op ‘n spesifieke dag grootskaalse herwinning doen, kry  motiveringsmateriaal wat gebruik kan word om leerders aan te moedig om meer papier te herwin. Hierdie is ‘n goeie fondsinsamelingprojek vir skole.

Gemeenskapskapsprojekte: Soos by skole word daar hier ook sakke of ‘n igloo-houer voorsien. Dit kan as fondsinsamelingsprojekte dien.

‘Kerbside Paper Pick-Up’: Elke tweede week is Mondi Recycling se trokke in sekere areas waar hulle papier by huishoudings kollekteer.  Hulle voorsien ‘n sak waarin papier geberg kan word en ‘n kalender met die kolleksiedatums. Sakke moet vroegoggend op aangeduide datums op die sypaadjie geplaas word waar dit gekollekteer word en ‘n ander sak voorsien word vir die volgende kolleksie.

Vir navrae skakel 012 386 138.

 

           

 

 

                                                                       

Popular Posts:

 

2 Responses to Papierherwinning spaar miljoene bome

  1. suzet says:

    Ons wil graag deur die jaar ‘n papier herwinnings blik by ons skool hé. Swartruggens Gekombineerde skool neem graag deel aan papier herwinning en wil ook so geld insamel vir ons skool.

  2. ADWINA says:

    I’m busy with recycling in my town where i’ staying and the town is called RIVIERSONDEREND

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Eastern Times Offices

Voice of our Community
83 Furrow road
Pretoria, Gauteng  0040
Office: 087 809 0196
Fax: 086 669 6265
Cell: 076 757 9984
Vist Web Site
Send Email

Visit our friends!

A few highly recommended friends...