VERKIESING 2014

BETSIE LOOCK-VAN DER MERWE

Altesaam 22 300 stemdistrikte regoor die land is gereed om ongeregistreerde kiesers vir die algemene verkiesing van 2014 oor die naweek van 9 en 10 November by te staan met registrasies.

Registrasielokale sal van 08:00 tot 17:00 op Saterdag 9 November en Sondag 10 November oop wees.

Advokaat Pansy Tlakula, voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê sowat 60 000 registrasiebeamptes is opgelei vir die eerste registrasienaweek en nagenoeg 215 000 beamptes gaan opgelei word vir die verkiesingsdag in 2014.

“Die OVK is ook goed voorberei om die veranderinge aan die verkiesingswet te hanteer,” sê Mosotho Moepya, hoofverkiesingsbeampte van die OVK. “Veranderinge aan die wetgewing maak voorsiening vir alle gevangenes in die Republiek van Suid Afrika om te registreer en te stem in die verkiesing. Alle Suid Afrikaanse burgers wat in die buiteland woon en in besit is van ’n geldige Suid Afrikaanse identiteitsdokument, mag ook nou registreer en stem.”

Die vyfde demokratiese algemene verkiesing sedert 1994 sal op ’n datum in April tot Julie 2014 gehou word om ’n nasionale regering sowel as provinsiale wetgewers te kies.

Kiesers stem dus twee keer op hul stembriewe: een stem vir die nasionale regering en een stem vir die provinsiale wetgewer.

Die nasionale regering bestaan uit 400 lede, van wie 200 van nasionale partylyste gekies word en 200 van provinsiale partylyste. Die President van Suid Afrika word ná die verkiesing deur die nasionale regering gekies en ’n premier vir elke provinsie word deur die meerderheidsparty in elke provinsie aangewys.

Moepya het ’n beroep op alle stemgeregtigdes gedoen om van die geriewe gebruik te maak om hul registrasiebesonderhede na te gaan en in die 2014-verkiesing te stem. “Ons toewyding aan die toekoms van ons geliefde Suid Afrika moet elkeen van ons motiveer om in die komende verkiesing te stem.”

Gaan só u registrasiebesonderhede na:

Skakel die OVK se tolvrye nommer van 08:00 tot 17:00 daagliks – 0800 11 8000

SMS u identiteitsnommer na 32810.

Klik op die skakel “Am I registered” op die OVK se webwerf: www.elections.org.za.

Facebook: www.facebook.com/IECSouthAfrica

Twitter:@IECSouthAfrica

You Tube: www.youtube.com/user/IECSouthAfrica

 

Popular Posts:

 

3 Responses to Registrasie vir 2014-verkiesing voor hande

  1. Sarah says:

    where will I be able to register to vote in Secunda, Mpumalanga?

  2. Adrian says:

    Hi
    I would suggest you go have a look here http://www.elections.org.za/content/

    regards

  3. frank says:

    Ja jy. Moet gaan stem want dit is jou reg

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Eastern Times Offices

Voice of our Community
83 Furrow road
Pretoria, Gauteng  0040
Office: 087 809 0196
Fax: 086 669 6265
Cell: 076 757 9984
Vist Web Site
Send Email

Visit our friends!

A few highly recommended friends...